Dana Snyman (1963) is 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en dramaturg. Snyman is in Stellenbosch gebore en het aan Hoërskool Nylstroom gematrikuleer. Hy het later 'n joernalistiekkursus by die Pretoria Technikon gevolg voordat hy by die Afrikaanse koerant Beeld aangesluit het as misdaadverslaggewer. Drie jaar later word hy joernalis by Huisgenoot-tydskrif, waar hy tien jaar gewerk het. Vanaf 2007 is Snyman die reisredakteur van Weg! tydskrif. Sy eerste boek, Uit die binneland, is in 2005 gepubliseer en sy tweede, Anderkant die skroot, in 2006. Albei is versamelde kortverhale en sketse. Snyman se eerste toneelstuk, die eenmankomedie Die Uwe, Pottie Potgieter, is die eerste keer in 2006 deur Frank Opperman opgevoer en was die naaswenner vir die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroes-toekenning vir nuwe tekste in die dieselfde jaar.
Developed by StudentB